© Copyright 2021 | Lourens Prokureurs

Website by | Virtual Web Solutions

Home ZADAR 2016 PROFIEL WERKSTERREINE HOFSAKE TAALREGTE DOKUMENTE KONTAK ONS
Home ZADAR 2016 PROFIEL WERKSTERREINE HOFSAKE TAALREGTE DOKUMENTE KONTAK ONS

Lyfspreke

Share on Facebook Share on Twitter Share via e-mail Print
LYFSPREKE STANDPUNTE BLINDHEID FOTO ARGIEWE WIE IS CERNEELS LOURENS BRIEF BIOGRAPHY OF MR. CJA LOURENS

My lewensmaatstaf is of iets tot eer van God is. (Oorgeneem van Calvyn).

In my streeftog na die perfekte, word ek telkens gerelativeer tot die betreklike.

Goed genoeg is die vyand van die beste.

Nou is die beste tyd.

Wat ek het, is geleen en wat ek is, is genade!

Dien die Here met blydskap.

Wees vergenoeg!

Carpe Diem: Gryp die dag aan, dit wil sê gebruik elke geleentheid.

Daar is geen plaasvervanger vir deeglikheid nie.

Doen wat jy doen, doen dit goed, reeds die eerste keer!

Sê my wie jou vriende is, dan sê ek vir jou wie jy is.

Elkeen is sy eie geluksmid.

Laat jou weg aan die Here oor, vertrou op Hom en Hy sal dit uitvoer.

Leer om NEE vinnig en gou te sê want dit los baie probleme vinnig op.

As jy iets begin aanpak, moet jy in staat wees om dit alleen self klaar te maak en moet jy dit klaarmaak.

Mik na die sterre, dan haal jy darem die wolke: as jy mik na die boomtoppe, tref jy die grond!

Die Here is my banier en dit moet my grafskrif wees.