Taalregte

Taalregte

TAALREGTE IN DIE GRONDWET:  DIE ONGEBORE TAALWETGEWING VAN SUB-ARTIKEL 6(4) EN DIE GEVOLGE VAN DIE VERTRAAGDE GEBOORTE

by die International Academy of Linguistic Law te Thaba N’ch

 

1. INLEIDING

 

Die juridiese raamwerk, waarin die Suid-Afrikaanse veeltalige taalbestel sy voete moet vind, is geraamtelik in artikel 6 van die Grondwet, Wet 108 van 1996 mee gehandel. Die vraag of dit ‘n veeltalige spook is en of die taalgeraamtes van vergange se dae vir altyd by ons gaan spook, sal te midde van die grondwetlike en ander wetgewende maatreëls beskou word. ‘n Wesenlike waarde-toevoeging en visie van die Grondwet is veeltaligheid as hoeksteen vir die demokratiese staat.