Page 1 - 11 JULIE 2018 DEKLARASIE VAN TAALREGTE | LOURENS PROKUREURS
P. 1

1

DEKLARASIE VAN TAALREGTE VAN SUID-AFRIKANERS

Hiermee verklaar ons, die burgers van Suid-Afrika, dat ons geregtig is op
die volgende taalregte en dat ons die vertroue uitspreek dat hierdie
dokument deur die Nasionale Regering kragtens artikel 234 van die
Grondwet, as handves van taalregte aanvaar sal word. Intussen ons ‘n
beroep op die staat en die privaatsektor om hierdie regte te respekteer en
na te kom. Ons doen veral ’n beroep op die howe om hierdie deklarasie te
erken as deel van ons geïmpliseerde grondwetlike regte.

Hierdie deklarasie het die doel om die burgers van Suid-Afrika in te lig om
met vertroue hulle taalregte na te kom en op te eis en mekaar se taalregte
te respekteer ten einde ‘n verdraagsame taalrespekterende gemeenskap
tot stand te bring.

Ons besef dat die regte wat ons hierin vermeld, insoverre dit op die staat
en/of die privaatsektor betrekking het, ‘n teenoorgestelde verpligting op
hulle lê om hierdie regte te respekteer en na te kom. Ons verklaar dat
hierdie lys nie ‘n geslote lys van taalregte is nie.

Ons eis ons regte op aangesien:

- Ons ervaar dat die nie-openlike gebruik van ons amptelike tale
   rasseverhoudings benadeel en die grondwet oortree
   1   2   3   4   5   6